BEPLANNING VAN 'N BEGRAFNIS

Lees Meer
BEPLANNING VAN 'N BEGRAFNIS

Wanneer u 'n begrafnis reël, moet u besluite neem oor:

  • Gaan dit 'n begrafnis of 'n verassing wees.
  • Die plek waar die diens sal plaasvind (kapel, kerk, graf, ens.)
  • Datum en tyd waarop die diens sal plaasvind.
  • Watter liedere word gesing, wie sal die lofrede dra, die name van die draers en watter soort en kleur blomme u benodig vir die kis/kerk ruiker.
  • Indien die gesin op 'n begrafnis besluit, moet die nuutste water en ligte rekening (nie ouer as drie maande nie) saamgebring word.
Wat ons moet weet
  • Volle name, van, ID-nommer en laaste bekende adres van die oorledene.
  • Plek van afsterwe (hospitaal, huis, sterf nie af by lykhuis nie.)
  • Besonderhede van die mediese dokter wat die oorledene laas behandel het.
  • Hetsy die diens ‘n begrafnis of verassing gaan wees - Die gesin moet dit bespreek en ‘n besluit neem. (Die oorledene se wense moet tydends die belangrike besluit in gedagte gehou word).
  • Indien die gesin op 'n begrafnis besluit, moet die nuutste water en ligte rekening (nie ouer as drie maande nie) saamgebring word.
Belangrike inligting wanneer u 'n begrafnis / verassing reël
  • Keuse van kis
  • Gaan u die oorledene aantrek (ons bied 'n ordentlike kleed, maar die gesin het ook die keuse om die oorledene se gunsteling klere saam te bring.)
  • Familie het ook die opsie om hul geliefde self aan te trek.
  • Is daar ‘n besigtiging (by die GBA-kantoor of kerk)?
  • Liedblaadjies / begrafnisprogramme.
  • Blomme vir kis en kerk.
  • Verversings.
  • Keuse van gesange, musiek, poësie vir die diens.
  • Huldeblyk - Wie sal benoem word en wie sal voorberei.
  • Ekstras - Ballonne, duiwe, doedesak, kerse, ens.
Begrafniskoste en betalings

Voordele wat onder lidmaatskap van die GBA geniet word, is voldoende vir die basiese koste met ‘n begrafnis of ‘n verassing.  

Hierdie voordele sluit ‘n lede kis in (uself of u naasbestaandes kry ‘n keuse van kiste) asook die reëlings rondom die begrafnis/verassing en die uitvoering daarvan. ‘n Bedrag (hulpbetaling) wat van tyd tot tyd hersien word, word ook aan die naasbestaandes toegestaan vir ekstra koste soos sang blaadjies, graf- of kremasie koste en kerk koste (predikant, orrelis en koster). Hierdie bedrag is in die meeste gevalle voldoende, maar indien dit oorskry word, moet die verskil deur die naasbestaandes inbetaal word. Die GBA verskaf geen voordeel ten opsigte van blomme of die oprigting/afhaal van ‘n grafsteen nie. Sou ‘n liggaam vervoer moet word, is 160 km. gratis.


Die aantrek van die oorledene

Ons bied wel 'n kleed vir die oorledene om aan te trek, maar u as gesin is baie welkom om klere saam te bring. Onthou asseblief dat die klere wat u saambring gemaklik is, miskien 'n gunsteling hemp en broek of rok, ens.

Besigtiging van die oorledene

Om te reël vir 'n besigtiging, is en bly die gesin se keuse.

Dit kan gereël word om by ons kantoor of by die kerk plaas te vind (indien die kerk toestemming gee).

Ons beveel ten sterkste aan dat ten minste een familielid die oorledene op die dag van die begrafnis identifiseer, sodat die gesin die sekerheid sal hê dat die persoon in die kis hul geliefde is.

Om iemand anders en selfs u eie hartseer te verstaan, kan redelik moeilik wees, daarom gee ons ons lede literatuur oor die verlies van 'n geliefde. Vra asseblief vir hierdie produk as u ons kantoor besoek. Dit is gratis.