GROEP-BEGRAFNISASSOSIASIE

Lees meer
WAT OM TE DOEN INDIEN IEMAND TE STERWE KOM

Om ‘n geliefde aan die dood af te staan is en bly ‘n emosionele skok en niks kan u daarop voorberei nie.

Sterftes kan as gevolg van natuurlike of onnatuurlike oorsake wees en die prosedures wat gevolg moet word, verskil effens. Hier is 'n paar riglyne wat u kan help.


Natuurlike oorsake

Sterfte weens siekte, kanker, hartaanval, beroerte, nierversaking, ens.

A. Wanneer ‘n geliefde in die hospitaal sterf;


  • Kontak die GBA.
  • Indien die hospitaal geen lykshuisfasiliteite het nie, moet die begrafnisondernemer die oorledene by die saal kom haal.
  • Die uitreiking van die BI 1663 - Notice of Death- word deur die hospitaalpersoneel gereël en deur die begrafnisondernemer ontvang.
  • Indien die oorledene veras word, moet u die begrafnisondernemer daarvan in kennis stel sodat hulle kan reël dat die nodige dokumentasie voltooi word.
  • Onthou om alle persoonlike besittings by die hospitaal af te haal.

Neem asseblief kennis

Indien die oorledene in die hospitaal opgeneem is as gevolg van 'n ongeluk, bv. motorongeluk, van trappe af val, ens.  en oorlede is na 'n tydperk (dag/e, maand/e of jaar/e), of ‘n persoon tydens 'n operasie afsterf terwyl hy/sy nog onder verdowing is, of nie weer sy/haar bewussyn herwin nie, word dit as onnatuurlike oorsake beskou. Wanneer 'n sterfte voorkom as gevolg van 'n epileptiese aanval (selfs al is die oorledene onder die mediese behandeling vir epilepsie), word dit ook as onnatuurlike oorsake beskou.


B. Wanneer ‘n geliefde tuis of by ‘n verpleeginrigting sterf;

  • Indien ‘n sterfgeval plaasvind gedurende werksure, moet die geneesheer wat die oorledene laas behandel het, eerste gekontak word.
  • Kontak die paramedici om na die huis/instansie uit te kom, om die persoon dood te verklaar en 'n verklaring van dood uit te reik.
  • Indien ‘n persoon gedurende die nag afsterf, kontak eers die paramedici. Die dokter kan die volgende dag in kennis gestel word.
  • In die geval waar ‘n sterfte by ‘n ouetehuis plaasvind, sal die personeel met die dokter op diens in verbinding treë. Die paramedici hoef nie uit te kom nie.
  • Die dokter benodig die verklaring van dood om die BI 1663- Notification of Death te voltooi.
  • Kontak die GBA.

C. Wanneer ‘n geliefde onverwags sterf (weens natuurlike oorsake)

  • Kontak eers die paramedici.
  • Kontak daarna die GBA, ons is 24/7 beskikbaar vir enige bystand en advies.

D. Indien iemand tuis of in die buiteland sterf

  • Kontak die GBA om die nodige reëlings te tref? 

Onnatuurlike oorsakE

Sterfte weens ‘n ongeluk, verdrinking, selfmoord, ens

A.  Wanneer ‘n geliefde in 'n hospitaal / ouetehuis sterf

  • Kontak die GBA.
  • Die hospitaal / verpleegpersoneel sal die SAPD kontak. 
  • Die Forensiese Patologiese Dienste sal die oorledene by die hospitaal/verpleeginrigting kom afhaal.
  • Die patoloog sal 'n nadoodse ondersoek uitvoer om die oorsaak van die dood te bepaal.
  • Die BI 1663 word uitgereik deur die Forensiese Patologiese Dienste.
  • Indien die oorledene veras word, moet u die begrafnisondernemer in kennis stel sodat hulle die nodige reëlings kan tref vir die voltooiing van die dokumentasie.
  • 'n Familielid / vriend moet die identifikasie/uitkenning by die Forensiese Patologiese Dienste doen.
  • Onthou asseblief om die oorledene, sowel as die persoon wat verantwoordelik is vir die identifikasie se ID-boek/kaart saam te neem.
  • Forensiese Patologiese Dienste reik ‘n dokument aan die familie uit, wat aan die begrafnisondernemer oorhandig word, sodat u geliefde daar gehaal kan word.
  • Ons beveel aan dat u 'n vriend of familielid vra om u met hierdie taak te help.
  • Onthou om alle persoonlike besittings by die hospitaal, ouetehuis of Forensiese Patologiese Dienste af te haal.

B. Wanneer ‘n geliefde tuis sterf

  • Kontak die SAPD, hulle stuur 'n beampte uit om die nodige verklarings af te neem.
  • Die polisiebeampte sal die speurder aan diens skakel, wat die Forensiese Patologiese Dienste sal kontak.
  • Skakel die GBA, wat u sal inlig oor die prosedures wat gevolg moet word.
  • Dit is belangrik om nie die toneel te steur nie.
  • ‘n Patoloog sal 'n nadoodse ondersoek doen om die oorsaak van die dood te bepaal.
  • Die BI 1663 word uitgereik deur die Forensiese Patologiese Dienste.
  • Indien die oorledene veras word, moet u die begrafnisondernemer in kennis stel sodat hulle die nodige reëlings kan tref om die dokumente te voltooi.
  • 'n Familielid / vriend moet die uitkenning by die forensiese patologiese dienste doen.
  • Onthou asseblief om die oorledene, sowel as die persoon wat verantwoordelik is vir die identifikasie se ID-boek/kaart saam te neem.
  • Forensiese Patologiese Dienste reik ‘n dokument aan die familie uit, wat aan die begrafnisondernemer oorhandig word, sodat u geliefde daar gehaal kan word.
  • Ons beveel aan dat u 'n vriend of familielid vra om u met hierdie taak te help.
  • Onthou om alle persoonlike besittings by die hospitaal, ouetehuis of forensiese patologiese dienste af te haal.
GIDS VIR DIE REËL VAN 'N BEGRAFNIS

Om 'n begrafnis te reël, is nie ‘n maklike taak nie.  Ons by die GBA bied 'n uiters hoë en toegewyde diens vir die gesin en hul geliefde. Ons sal u inlig oor al u opsies, keuses en u tegemoetkom met u wense en die van die oorledene.


Lees meer